top of page

Graad R

Kleine Fonteine

Jare gelede was daar 'n fontein wat heerlike vars water laat borrel het. Al die diere in die bos het van hierdie water gedrink. Op 'n dag het die diere vreeslik baklei en die fontein het opgedroog. Op die plek waar die fontein was, word daar toe 'n busloods gebou. Met verloop van tyd het die fontein weer begin en die busloods verander toe in 'n pragtige skool waar die Koedoes, Waterbokke, Gemsbokke en Elande kan kom water drink.

 

Kleine Fonteine is 'n kleuterskool waar kleuters belangrike vaardighede aanleer, sodat hulle gereed sal wees vir formele onderrig. Hier sal jy dogtertjies en seuntjies vind wat vrolik speel en lekker leer en ook juffrouens met 'n passie vir hulle werk.

 

Onderwyseresse: 

Me Janniké Hartmann - Waterbokke

Me Esmerilda le Roux - Gemsbokke

Me Amanda Grundlingh - Elande

Me Minette Buckley - Assistent

Me Selina Mosieleng - Hulp

​

bottom of page